Bingle-sêr

Is jy musikaal? Het jy goeie spangees? Dan is Bingle-sêr net die geleentheid vir jou.

dsc_0140

Bingle-sêr is een van die grootste kunste aksies op die NWU-Puk, waaraan jy aan die einde van jou eerste jaar kan deelneem. Dit is die eerste aksie wat jy saam jou nuwe sleepkoshuis het.

Hierdie unieke aksie bevat 50 mense, wat binne drie weke ʼn paar liedjies en danspassies op die planke moet bring. SR: Kunsteraad voorsien ʼn sentrale tema aan die sleepkoshuise waar elke sleep dan hulle eie storie onder hierdie tema moet uitbeeld.

Bingle-mingle is die eerste amptelike aksie wat gehou word, waar die mans en dames mekaar beter leer ken, voor hulle die produksie aan mekaar begin sit. Party koshuise maak gebruik van hierdie geleentheid om dan ook Bingle boeties en sussies aanmekaar toe te ken. Hierdie aksie is bekend daarvoor om lewenslange vriende en koshuisfamilies te skep.

Maar, sonder ʼn gehoor kan geen produksie suksesvol wees nie. Daarom word daar jaarliks twee lokale vir hierdie aksie gereserveer. Jy kan jou vriende en koshuis binne die Totuis saal of Sanlam Ouditorium gaan ondersteun.

Jaar-na-jaar is hierdie aksie ʼn enorme sukses, waar die studente die lokale vol sit en uit volle bors ondersteun. Hierdie jaar se wenners was Caput en Wanda.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s